Sargon II

Sargon II
Koning van Assirië
Sargon en ’n hofamptenaar.
Dinastie Nieu-Assiries
Bewind 722705 v.C.
Voorganger Salmaneser V
Opvolger Sanherib

Sargon II (Akkadies Šarru-ukin, "hy [= die god] het die koning ferm gemaak"; bewind 722 tot 705 v.C.) was ’n Assiriese koning. Hy het in 722 v.C. die heerser van die Nieu-Assiriese Ryk geword ná die dood van Salmaneser V. In sy inskripsies beeld hy homself uit as ’n nuwe persoon en verwys selde na sy voorgangers. Tog het hy dieselfde naam, Šarru-ukin, aangeneem as Sargon van Akkad, wat die eerste Semitiese Ryk in die streek sowat 16 eeue vroeër gestig het. "Sargon" is die Bybelse spelling van die naam.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy